Die laatste week Toe Jesus eindelik sy moeder moes groet om die laatste, heilige week te ontmoet, toe voel Maria alreeds die lem (zwaard) in haar hart en vra hom met bewende stem:
Ag Jesus, my eie, enigste kind, waar sal jy jou op Sontag bevind?
"Sondag is ek 'n koningsseun en strooi hulle palmtakke voor my heen".
Ag Jesus, my eie, enigste kind, waar sal jy jou op Maandag bevind?
"Maandag is ek een 'n swerverskind wat nêrens slaapplek of skuiling vind".
|
Ag Jesus, my eie, enigste kind, waar sal jy jou op Dinsdag bevind?
"Dinsdag is ek 'n wêreldprofeet en verkondig wat niemand op aarde weet".
Ag Jesus, my eie, enigste kind, waar sal jy jou op Woensdag bevind?
"Woensdag is ek die arme, geringe, verkwansel vir dertig silwerlinge´.
Ag Jesus, my eie, enigste kind, waar sal jy Donderdag jou bevind?
"Donderdag in die oppersaal is ek die lam by die awendmaal".
Ag Jesus, my eie, enigste kind, waar sal jij jou op Vrijdag bevind?
"Ag moeder moet hier die vraag nie stel! van Vrijdag durf ek jou niks vertel".
Ag Jesus, my eie, enigste kind, waar sal jy Saterdag jou bevind? "Saterdag is ek 'n korreltje graan wat moet sterf in die aarde om op te staan". Elisabeth Eybers (Ingestuurd door Thea...)
|